Ek straal (glo) slet uit.

funny-pics-slut-a-woman-with-the-morals-of-a-man

Ek voel half ek moet sensitiewe lesers, ou tannies wat my van kindsbeen  af ken, mense wat nie slaapkamerstories geniet nie en enige iemand wat dalk aan die ander kant van konserwatief as ek staan waarsku: Die volgende leesstof mag jou dalk ontstel. My gebruik van kragwoorde ook. My deel is dan nou in die verband gedoen.

Dis geen geheim dat ek enkellopend is nie. Dis ook algemene kennis dat ek baie gemaklik in my vel is en niks fout kan sien in iemand wat seksualiteit met dieselfde normaliteit as eet of asemhaal beleef nie. Ek doen.  Ek is al vertel dat ek oor alles wat seksueel van aard is meer soos ‘n man dink. Daar is nie emosie betrokke nie. Ek sien nie iets fout daarmee nie – ek hou immers van mans.

Ek is nie voller van myself as die volgende persoon nie, maar ek dink ek het nogal baie om te bied. Ek is slim… sarkasties, maar slim. Ek weet so bietjie van die wêreld en aktuele sake. Ek is baie liefdevol en ek doen baie moeite met mense. Ek luister as mense praat. En ek kan lekker vry. So ek verstaan nie hoekom ek nog nie van die rak af is nie. Al is ek gemaklik op die rak, is dit nogal iets wat my pla (al maak ek soms of dit nie doen nie).

En toe kom die gewaarwording. Dis nie ‘n nuwe ding nie – ek is al bewus van die ding van my tienerjare af. Maar hy klap my toe soos ‘n slegte stiefma ‘n rooikopstiefkind sal klap. Hard en onnodig.

Lank voor die wêreld my geklap het, het my ma eenkeer vir my gesê: ”Sussie, jy is lekker koketterig.” Ek moes die woordeboek nader sleep. Ek was 16 en die woord was nie in my woordeskat nie.

“’n Meisie/vrou wat haar (op ‘n spelerige manier) so teenoor ‘n man gedra dat dit duidelik is dat sy hom (seksueel) aantreklik vind, al stel sy nie regtig in ‘n verhouding belang nie; flirt.”

Bliksem, ek weet nie of my ma so moerse baie wys is, of dit ‘n voorbode was en of sy onbewustelik my realiteit as vrou op daardie dag geslyp het nie.

En baie onlangs het iemand wat my nie eers so goed ken nie die volgende kwyt geraak: “Hanri, jy is nie die tipe girl met wie mans trou nie. Jy is die girl wat mans laat wens hulle het nooit getrou nie . Wat hulle laat wens vir een aan wat jy hulle laat voel of hulle in die hemel is. Jy is basically seks op bene. Walking seks. Daar is hierdie rou seksuele energie wat jy uitstraal. Jy is net nie troumateriaal nie.” En die vreemdste sin oooit: “Jy kom sletterig voor, maar op die beste moontlike manier.”

Wel fuck. En dis nie die eerste, tweede of derde keer wat iemand in die rigting van my praat nie. Dit is die reel.

So braak ek gal oor die man se seining van my by ‘n ander vriend. Sy reaksie spreek boekdele.                                                                                                                                               “Moenie jou steur aan wat hy sê nie. Jy is sexy. Jy is hot. Dis wat die meeste vroue wil wees”                                                                                                                                                             Bevestig hy gou daai ou se seining met sy woordkeuse.

En nee, dit is nie wat die meeste vroue wil wees nie. Dis dalk ‘n kompliment as jy dit nie verder ontleed nie. Almal wil seker in een of ander stadium sexually desired  of some shit wees.  Maar ek wil meer wees. Want eendag is ek 40 en my borste sit nie meer waar hulle moet nie en my boude pas nie meer in ‘n nommer 10 denim nie en dan? Wat dan? Dan sien mans my nie meer as sexy of hot nie en dan is ek alleen want die goeies is getroud met die “goeie, mooi vroue”.  Niemand het my al ooit as ‘n trouvrou gesien nie. Obviously nie.

Ek dink nie ek is onooglik nie, maar ek is definitief baie ver van model-mooi af. So as die sexy en hot gedeelte van my looks af kom maak dit nie sin nie. Ek trek nie gewaagd aan nie, ek is nie juis mooi gebou nie. Ek is doodnormaal (behalwe vir die pienk hare, dis seker nie so normal nie).

“Dit gaan nie net oor hoe jy lyk nie, dit gaan oor hoe jy is.” Verduidelik vriendjie homself net verder in ‘n hoek vas. Hoe ek is? So ek is sexy, ek is hot, ek is seks op bene? En dis al? Ek straal slet uit?

Dis nie wie en wat ek wil wees nie!

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou my nie onskuldig nie. Ek is nie ‘n onskuldige engeltjie nie en ek het al gebruik wat ek het om mans te manipuleer. Maar bliksem, ek voel ek is meer as dit.

So nou sit ek in Strontstraat want ek weet nie watter kant toe nie. Ek wil nie he dat DIT moet wees wat mans van my dink nie. Of minstens wil ek nie het dit moet AL wees wat hulle dink nie. Maar ek weet duidelik nie hoe om die regte boodskap oor te dra nie.  Ek weet nie hoe om enige iets anders te wees as wat ek is nie, maar ek het geen beheer oor hoe mense dit ervaar en hulle eie maak nie.

So nou dra ek maar die slet-benaming met trots. Want iemand moet dit seker doen.

 

7 thoughts on “Ek straal (glo) slet uit.

  1. my liewe Hanri daar is niks fout met jou siening. Dit is ‘n plesier om vriende met voordele te hê. Vra die tannie wat verby die 40 is….Slet wees is nogal anders, en maak baie deure vir jou oop. Ontspan my liefie en geniet jou lewe.

    Liked by 2 people

  2. Nee heng. Wees jouself. Iemand moet jou vat vir wie jy is nie vir wat daar beweer word jy is nie…. hy moet jou maar eers “toets”
    Mense dink soms ek is n snob tot hulle my leer ken.

    Like

  3. Don’t sell yourself so short. Maybe moet jy kyk na nuwe ‘vriende’. Klink nie of die vriend rêrig weet wat Opregte vriendsksp verg nie. Seks is beslis nie alles nie. You’ll find happiness when you stop looking for it.

    Liked by 1 person

  4. Vir my is dit nogals vreemd. Wanneer n vrou gemaklik in haar eie liggaam is en spontaan vriendelik is dan straal sy slet uit… Moet mens dan eerder n muur blommetjie en suur knol wees om ander mense gelukkig en tevrede te hou, omdat hulle nie weet wat dit is om jouself te wees nie. Solank mens die goeie behou en nooit self respek of waardes die prys gee in die lewe nie…

    Like

Leave a comment